Friday, 2 August 2013

SO... I STARTED RUNNING.....


Dis 1 Augustus 2013!! Vandag ‘n jaar terug het ek my tekkies aangetrek vir die eerste keer na 14 jaar van niks doen. Dit was een groot gedreun, geskud en gekreun. Stadig maar seker het ek begin hardloop. Ek het ‘n doelwit gehad om die GUN RUN 10km te hardloop. Dit was ‘n enorme uitdaging vir my. 10 KILOMETER!! Vir enige iemand wat dit nog nie te voet gedoen het nie, is dit vrek ver! Die dag toe ek oor daai eindstreep trap en die medalje in my hand kry het ek gevoel soos ‘n ‘million bucks’, ‘the king of my castle’ ‘a freakin champion’, ek was defnitief nie eerste nie, maar vir my kon jy nou nie juis anders vertel nie. Ek was eerste vir my, ek het my doelwit bereik!! Dit moes seker ongeveer op daardie oomblik gewees het wat die sogemaande ‘gogga gebyt het’.

12 maande later en hier hang nou 13 medaljes teen my muur. 2 van hulle is goud, sekerlik net goud van kleur, maar vir my is dit ware goud! 2 half maratonne, (21km). Hierdie lekke ekke het dit gedoen, ekke myself! Ek staan steeds elke keer in vabasing as ek iets bereik.

Vandag trek ek my tekkies aan en oefen vir ‘n 4 dag wedloop oor berge en dale met ‘n totale afstand van ongeveer 90km. Ek kan nog self nie my kop rondom daai een kry nie. Een van die grootste lesse wat ek geleer het, is dat niks onmoontlik is nie!

Ek het ongelooflik baie mense, inspireerende mense, ontmoet. Ek leer ongelooflike baie lesse, positiewe lesse. Ek deel graag ‘n paar van hulle:

  • NEVER SAY NEVER!! Never say NEVER! NEVER ever SAY NEVER!
  • NOTHING IS IMPOSSIBLE
  • ALWAYS SAY THANK YOU (to the marchalls)
  • IF YOU THINK YOU'RE DYING, JUST CHECK YOUR BEATHING (most likely to find you’re still alive)
  • YOU CAN DO ANYTHING YOU PUT YOUR MIND TO
  • RUN FOR YOURSELF (IT IS SOMETHING YOU DO FOR YOUR BODY. AN INVESTMENT IN YOUR OWN HEALTH AND SANITY)
  • NO ONE HAVE THE TIME TO RUN. YOU NEED TO MAKE TIME.
  • GET UP – EVEN IF IT IS DARK – PUT YOUR TEKKIES ON – AND GO! 
  • EVERYONE HAS BAD DAYS
  • ANYONE CAN RUN
  • CHAT ON THE RUN – STAY ON THE RUN
  • IT IS OK TO WHEE BEHIND A BUSH (even if you are a woman)
  • IT IS ORGANIC TO BLOW SNOT TO THE SIDE OF THE ROAD
  • IF YOU THINK YOU CANNOT DO IT – THINK AGAIN.

Wednesday, 13 June 2012

My man stuur nogal ewe vanoggend vir my hierdie mooi stukkie oor ouerskap. Ek deel dit graag op my blog.

IS DAAR EEN LAT VIR AL MY KINDERS?

Kinders het mos reeds in die baarmoeder hulle eie maniertjies. Meisiekind begin wikkel as die musiek hard is en Boeta rondomtalie as Ma hartseer is.

2012-06-12Anjenita Hugo


Omdat elke kind uniek is, spreek dit vanself dat ons nie ons kinders met ’n benadering van “een grootte pas almal” kan dissiplineer nie.

Kom ons gebruik rugby om hierdie beginsel te verduidelik. Jy as ouer is die afrigter en jou kind is die speler. Jy rig jou kinders af om die spel (van die lewe) te leer speel.

Ons begin by jou, die ouer. Watter tipe afrigter is jy? Dwing jy jou gesag ten alle koste af, of laat jy maar alles toe, of probeer jy om jou kind by die dissiplinêre proses te betrek? Is jy ferm, sag, spontaan of rigied? Een styl is soms beter in een situasie as ’n ander. Ouers kan mekaar aanvul na gelang van wat die situasie op daardie oomblik verlang.

Die spel self het ’n paar reëls. Jy kry geel kaarte en rooi kaarte. Jy mag nie gevaarlik duik nie en ook nie vorentoe aangee nie. Jy moet in ’n span saamspeel en ander in ag neem. So kan ons ooreenkom dat daar ’n paar basiese reëls is waaroor daar nie onderhandel kan word nie.

Maar elke speler het ’n unieke styl en sterk punte. Party is vurig en ander is vredemakers. Sommige is leiers en ander is ondersteuners. Party is sagter en ander word nie maklik afgeskrik deur ’n streng benadering nie. So het sommige kinders net “die kyk” nodig en ander ’n ferm versoek. Soms is meer verduideliking nodig en ander kere moet jy as ouer dadelik optree. So, as jou kinders se afrigter moet jy hulle leer ken en leer verstaan wat vir elkeen werk.

Hoe leer jy jou kind om die spel te speel? Daarvoor het jy ’n voorraad tegnieke nodig. Gebruik dit dan na gelang van jou en jou kind se styl. Partykeer werk iets vir twee weke en dan moet jy dit weer aanpas.

Liefde is natuurlik die fondament. Daarmee saam kom realistiese en opregte pryswoorde en beloning vir wat jou kind doen en hoe hy of sy optree. Maar dit beteken ook jy moet ferm wees, en jou stem, lyftaal, gesigsuitdrukking en woorde moet dit wys. Jou selfvertroue gee vir jou kind sekuriteit.

Jou optrede moet voorspelbaar wees: “Jy gaan ’n rooi kaart kry as jy aanhou!” En natuurlik ook konsekwent: “Vandag, môre en volgende jaar kan jy dieselfde reaksie van my verwag, Boeta!”

Jy moet ook duidelike grense stel: “Hoog vat is hoog vat en klaar!” En die gevolge uitspel as die grens oorskry word: “As jy kies om oor die lyn te trap, weet jy wat gaan volg.”

En soos altyd is daar keuses: “Noudat jy weet hoe die spel werk, het jy nog steeds ’n keuse hoe jy dit wil speel. Jy het ’n sê oor die uitkoms.”

Ouers kan gerus maar vir Boeta sê: Jy is anders as jou sussie. Daar is net een van jou en ek sal jou op jou eie, spesiale manier hanteer.

En laastens: Geen kleuter, kind of tiener is bestand teen die invloed van aandag, waardering en liefde nie.

Tuesday, 15 May 2012

Voël Vry

My seuntjies raak heeltemal buite beheer na bad tyd! Hulle hardloop met die handdoeke om die lyfie gedraai na die kamer en reg voor die bed word die handdoek een kant toe gegooi en hulle klim met 'n uitbundige lag op die bed en begin spring....en spring en spring... jy kry hulle nie bedaar om die nagklere aan te trek nie.

Soms is dit irriterend, want ek wil hulle nou net aantrek en klaar kry. Maar die springery maak 'n opgewondenheid in hulle wakker wat jy net hierdie tyd van die aand sien...

Soos met baie ander uitdagings het ek weereens gaan dink daaroor en myself in hulle lyfies probeer plaas...

Good Golly MIss MOLLy!! Dit moet 'n vreeslike heerlike VRYE gevoel wees - om kaalbas op die bed te spring...verbeel jou jy stap uit die stort, gooi jou handdoek opgewonde eenkant toe, klim op die bed en spring op die bed ...okay, vergeet nou van die tiete wat jou disnis gaan slaan... maar die springery, kaalbas op die bed!! Sonder dat jou man, (of behoede my enige iemand anders) op jou inloop! Net jy en jou kaalbas op die bed, en soos jy spring lag jy uitbundig en geniet net die vrye gevoel!! mmm... wat van die trampoline... hiehie

Saturday, 7 April 2012

Breastfeeding made me run

Die titel klink net beter in engels :)


Met my eerste baba wou ek regtig weg hadloop as daar van borsvoeding gepraat word. Die seer nipples en die sokkerballe vir boobs was vir my net een te veel. En toe kom die mastitis soos ‘n  dief in die nag en die trane rol oor my wange wanneer ek sit om vir baba te voed. Ek raak stil en bid en my antwoord kom toe duidelik na my in die vorm van ‘n blik!! Jy moet tog die beste moeder vir jou kleine baba wees, en as dit beteken jy moet blikmelk gee, dan is dit so. Op daardie stadium het ek myself voorgeneem – NOOIT in my lewe weer nie. Die blik werk soos ‘n bom, so waarom deur al hierdie pyn gaan. Ek geniet uiteindelik my baba en ek hoef nie meer méér aandag aan my boobs as my baba te gee nie.

Ek word toe geseën met nog ‘n swangerskap, en die instinkte skop onmiddelik weer in en die borsvoeding feetjie praat hard met my. “borsvoeding is deel van die natuur” “moeder, gun jou baba die geleentheid” “dis ‘n kop besluit”! Dis ‘n KOP BESLUIT? Ek kan nie onthou wie dit vir my gesê het nie, maar daardie woorde het vasgesteek! Ek neem toe die besluit: “Ek gaan hierdie baba borsvoed”. Ek het met ander moeders gepraat wat suksesvol geborsvoed het, en ek het gekyk hoe ander moeders dit doen en ek het myself voorgestel hoe ek dit doen!Die dag na die geboorte het ek hom aan die bors gesit, hy het gedrink soos ‘n lammetjie. Ek het net geweet hierdie keer gaan dit werk. EN DIT HET!! Vir 14 maande het ek eksklusief geborsvoed…geen blikke dié keer nie!!  

Ek het vir myself bewys EK KAN! Met ‘n KOP BESLUIT kon ek dit reg kry..... Nou werk my kop oortyd…. As ek dit kon regkry, kan ek seker enige iets regkry…

Ek wou graag weer fiks word en gereeld oefen, maar dit was 'n droom wat baie vaag en buite my bereik was. Ek het nog altyd na die Two Oceans op die TV gekyk en dan was daar ‘n kort-vinnige-splitsekonde van ‘n oomblik wat ek gedink het “EK GAAN DIT NOG DOEN!”  Op skool was ek fiks en het ek aan sport deelgeneem. Nou het daar al 14 jaar verbygegaan waar die gedagte van oefening vir my ‘n grooot, grooooter, masiewe, inspanning, grap en onmoonlikheid was.  Gym fooie was elke keer vir die voëls, want ek sluit aan, en na 3 maande is die rusbank ‘n groter liefde as die moeite gym toe.  

Die Here stuur toe weer vir my ‘n antwoord in die vorm van ‘n vriendin wat my oortuig om saam met haar BOOTCAMP te doen. Gedurende die 4 weke by bootcamp hoor ek weer die stem “KOP BESLUIT” en ek besef EK KAN OEFEN…dis glad nie so erg nie en ek is glad nie so oud soos wat ek myself uitmaak nie. hiehieJ.. En net daar besluit ek, ek wil begin hardloop. Sommer net vir oefening en dalk later wedlope en dalk, net dalk eendag die Two Oceans… 

KOP BESLUIT!  

Daar hang reeds 2 x 5km wedloop medaljes in my kantoor. 15 April hardloop ek my eerste 10km en die Two Oceans gedagte is glad nie meer net 'n splitsekonde van 'n oomblik nie.



Wednesday, 1 February 2012

Die begin van die einde....

"Jammer ek het so lanklaas 'n blog geplaas. Hier is een wat ek al meer as 'n maand terug geskryf het en vergeet het om te plaas":


Ek het laas week vir my nuwe bra’s gaan koop, nie borsvoed bra’s nie, net mooi vroulike bra’s met kant. Die nuwe bra hou alles so mooi bymekaar ek skrik skoon toe ek die nuwe boesem in die spieël sien. En net daar tref dit my….

 Is dit die begin van die einde?

Beteken dit nou ek is besig om gereed te maak om op te hou borsvoed? Ek het nie regtig meer die borsvoed bra nodig nie, want ek hoef nie elke 4 ure my boobs uit te haal nie. Hy drink tog eintlik net deur die nag. Ook nie eens regtig meer nie, hy begin nou eweskielik na ‘n jaar deur slaap.


Soggens staan hy vrolik op, saans gaan slaap hy maklik. Hy huil nie meer vir die tietie nie. Hy vra dus nie meer nie, maar ek bied aan en hy aanvaar. Ek besef nou ek is in beheer, as ek nie meer aanbied nie kan ons nou stop met borsvoeding.

Dit is wat ek al op 4 maande wou doen. Ek het op daardie stadium my kop reg gekry en nou? Nou klou ek so aan daardie paar minute se kosbare koestering dat ek nie kan afskeid neem nie. 

‘n Sagte stem sê vir my “dit is jou kans om hom te speen, moenie weer aanbied nie”. Maar elke oggend en elke aand wil ek nog net vir ‘n laaste keer borsvoed. Net vir ‘n laaste keer daardie tevrede sluk hoor en daardie gesiggie teen my vel voel. As ek hom nou speen is dit vir ewig verby.

Ek het altyd gedink ek is so ‘n tawwe mamma, sulke kleinighede sal my nie onderkry nie. Maar hierdie is weer een van daardie mamma oomblike wat jy nie kan beskryf nie, wat niemand sal verstaan wat nog nie self daar gestaan het nie.

Nooit het ek ook gedink ek sal die volgende verkondig nie: Borsvoeding is die kosbaarste daad wat jy ooit kan doen. Daar is werklik ‘n WOW factor omtrent borsvoeding. Dis nie iets wat jy mis as jy nie geborsvoed het nie. Dis net iets wat daar is as jy wel so bevoorreg is om jou baba te kan borsvoed.

My raad aan enige mamma is om te probeer en as dit nie met jou 1ste kind werk nie, gun jou 2de kind daardie kans en probeer weer. Vir my het dit gewerk met die 2de probeerslag!


Wednesday, 26 October 2011

Die PIENK stoel

Ek wou nog altyd skryf oor die PIENK stoel, hier's hy nou:

My skoonouers is altwee in 2010 oorlede, 6 maande uit mekaar. Eers Pa en 6 maande later Ma. Die kinders het 'n naweek daarvan gemaak om die huis te gaan op pak. Dit was 'n eerste vir my, 'n eerste om 'n ouerhuis op te pak. Vir my was dit ook 'n baie spesiale naweek saam met my skoonfamilie.

Om 'n ouerhuis op te pak is nie grappies nie, alhoewel daar baie grappies gemaak word en oor mooi herhinneringe gesels en gelag word.

Ek was nog swanger met Cilliers. So ek het voordeel daaruit getrek in die sin dat ek geen harde werkies gedoen het nie. :)

Ons het elke kas uitgepak, uitgedeel en alles was bespreek, van ouma se dinee rokke tot die ou souspot onder die zink. Soos die naweek aanloop raak elkeen se hopie 'goed' net groter. Toe ons almal uiteindelik tevrede was met wat ons nou as sentimentele erfstukke beskou, word dit gelaai en stap ons vir oulaas deur die huis. Daar staan nog 'n paar los goed en elkeen gryp nog 'n ding. My man se oog val op die PIENK wieg stoel in die hoek van die sitkamer. Ek probeer dit ignoreer, maar hy is vasbeslote, 'ek soek die PIENK stoel'. Dit help tog nie ek kyk ander pad nie, hy heg waarde aan die stoel, so laat ons dit maar laai.

By die huis is daar toe sowaar 'n gaatjie waar die PIENK stoel perfek pas, nou nie dat enige van my ander goed PIENK is nie, maar hy't sy plek gekry. Ek het ook sommer gaan sit op die PIENK stoel om my sware swanger lyf 'n rus kans te gee. Daar voel ek toe soos gouelokkies...."aaahhh, hierdie stoel is net reg!" Soos die dae aanstap na die einde van my swangerskap, was dit waar ek gaan sit het as ek moeg was, baba was mal oor die vorentoe en agtertoe gewieg van die stoel, die geskwiek wat daarmee saam kom was seker ook kalmerend vir hom. (hiehie:-)

Na sy geboorte het dit die borsvoeding stoel geword. Kyk, as ek in die PIENK stoel gaan sit, dan kry jy my nie weer daar op nie. Ek en Cilliers het dan gesit tot hy klaar gevoed het en aan die slaap geword het.

My ou babatjie het nou die dag 1 geword, en sowaar is dit nog steeds die plek waar hy die maklikste aan die slaap raak. In my arms op die PIENK stoel.

Wat 'n pragstuk is dit nie nou in my huis nie. Ouma en Oupa se PIENK stoel.

Thursday, 22 September 2011

GeNoTVoLLe LeWE!!


Ek en Sarel is in 2005 getroud en in dieselfde jaar het ons ons heel eerste huisie gekoop. 'n Lieflike "lock-up and go". Ons is bevoorreg om nog eienaars van daardie einste huisie te wees. Ons was in die week by die huisie om vir potensiale huurders die huis te wys.

Ons besef toe weereens hoeveel ons lewe verander het. Daar stap 'n jong paartjie in, baie verlief en die verloofring blink nog. Wat vir hulle belangrik is, is die braai area en hoeveel vriende hulle daar kan onthaal en of al hul GOED gaan pas... As ons vandag na 'n huis moet gaan kyk, soek ons eerstens genoeg kamers vir al die kinders en dan genoeg speelplek vir die kinders.  

Ons ry daar weg, ek en Sarel kyk vir mekaar, ek sê vir hom "daai paartjie, dis ons!". Vir 'n oomblik het ons terug beweeg in tyd. Ons onthou hoe ons in 'n klein 2 slaapkamer huisie, met 'n braaikamer groter as die hoofslaapkamer, kon funktioneer, hoe ons saans by die huis kom en nie lus is vir kos maak nie, en op die ingewing van die oomblik besluit om te gaan uiteet en dan ook binne 15 minute in die kar spring en by die garage uit ry.  Die toiletpapier was altyd op die rol en toiletborsel nog agter die toilet, my spieelkas was nog vol botteltjies creampies en parfuumpies. Als was op sy plek en niks het onnodig rondgelê nie. Dit was net ons en ons GoEd.  

Vandag vat dit ons 2ure voor ons enigsins die huis kan verlaat en "uit eet" bestaan nie meer in ons woordeskat nie! Die toiletrol is meestal die hele badkamer of toilet vol agv 'n mannetjie wat genot daaruit put om dit te staan en afrol. (Dis eintlik goeie stimulering vir die kleingoed, sê die ‘free spirit’ moeder in my). Die toiletborsel word verwyder oordat die kabouters daarmee speel (dis hiper onhigihenies, sê die ‘over sensitive dad’ langs my). My spieelkas het geen meer botteltjies wat oopgemaak, gesmeer of uitgegooi kan word nie en om die waarheid te sê, NiKs is op sy plek nie en GoEd is nie meer vir ons belangrik nie. Al wat nou saak maak is die welstand van ons kinders.


Die lewe het soveel verander,

dit het GROTER geword,

 dit het voLLer geword.

 GeNotVoLLer!


Daai "honeymoon days" was lekker, maar dit was maar net die begin van die pret. Ons lewe is nou verryk met twee pragtige seuns, wat elke dag vir ons nuwe dinge leer. Aardse goed bly aardse goed, dit kan ook maar net daar lê, daar waar swaartekrag dit laat val. Liefde en tyd saam met mekaar beteken nou vir ons die wêreld.